n
Kort opsomming van gebeure met die Feeder faset tot datum:
a.
Die
eerste kliniek is gehou en daar was 10 mense teenwoordig gewees. Twee het
verskoning aangebied. Almal was baie positief gewees oor die faset. Ons het ‘n
bespreking gehou rakende die gerei wat benodig word asook ‘n algemene reël
bespreking. Almal wat teenwoordig was het dan ook ‘n kopie van die reëls gekry
via e-pos ‘n paar dae later.
b.
Die
2de kliniek is op 11 Junie en dan sal ons reëls in diepte bespreek asook aandag
skenk aan die eind gerei.
c.
Die
3de kliniek is op 25 Junie waar ons dan ‘n algehele oorsig oor die teorie sal
doen en meer na die praktiese deel sal kyk.
2.
Klinieke in Julie
a.
Julie
maand sal ons by die water spandeer.
b.
Die
presiese datums en plekke sal nog vasgemaak word sodat ons die datums in die GN
kalender kan plaas.
3.
Augustus maand
a.
Augustus
maand hengel ons proewe.
b.
Daar
is by die vorige GN vergadering goedkeuring verleen dat die keuring vir die
spanne hierdie jaar deur 2 van ons huidige Protea Feeder hengelaars (Andre
Bezuidenhout & Neville Foord) gedoen sal word omrede die huidige GN Senior
Keurders nog nie op standard is vir die Feeder keuring nie.
c.
Die
proses sal as volg werk:
i.
Proewe
sal oor 3 bene geskied op dieselfde naweek by dieselfde dam.
ii.
Daar
sal volgens ‘n standard keurders lys, soos van toepassing op die Feeder faset,
gebruik gemaak word by die proewe.
iii.
Die
proewe wedstryd sal slegs 4 ure duur in plaas van die 5 ure sessie soos in die
FIPS reëls.
iv.
Die
beste 2 proewe sal vir ‘n hengelaar tel.
v.
Die
2 keurders sal slegs 2 van die bene hengel en die derde been gebruik om keuring
te doen.
vi.
Na
afhandeling van die proewe sal die 2 keurders en myself, as sameroeper van die
faset, bymekaar kom en spanne kies na aanleiding van die keurders lyste.
vii.
Hierdie
spanne sal dan aan GN voorgelê word vir finale goed keuring.
viii.
Na
die aankondiging van die spanne sal die onderskeie Bestuurders / Afrigters
verder met die spanne werk t.o.v. oefen sessies vir die SA’s in Oktober.
4.
SAFOV inligting
a.
Die
kwalifisering’s toernooi vir die SAFOV Feeder spanne vind die naweek plaas by
Bloemhof dam vanaf 15 tot 17 Junie. Daar is dan ook ‘n vergadering beplan vir
die Saterdag middag waar die formaat en span inskrywings vir die Feeder SA’s in
Oktober bespreek sal word. Ons verwag om daar bevestiging te kry rakende die
aantal spanne wat ons sal kan inskryf, op hierdie stadium mik ons na 2 spanne
vir die SA’s.
No comments:
Post a Comment