DATUM | 31 Mei tot 2 Junie 2013 |
DAM | Roodeplaat NTV Gronde |
WEER | n.a. |
n.a. | |
HENELAARS | |
Senior Mans | 13 |
Senior Dames | 1 |
Juniors | 0 |
Gaste | 0 |
Totaal | 14 |
Naweek | |
Karp Vol | 123 |
Totale Vis | 123 |
Massa | 134.975 |
Aantal hengelaars | 14 |
SWAARSTE SPESIES | |
SENIORS | |
Volskub Karp | JP Buys 3.040 kg |
WENNERS | |
Wenners | |
Seniors - Naweek | MT May 33 vis 36.125 kg |
Friday, June 21, 2013
MUNT HENGELVERSLAG - JUNIE 2013
Wednesday, June 12, 2013
MEESTERS SA'S - 2013
2013 MASTERS SA
1.
My letter, dd 27 May 2013, has reference.
2.
Herewith the final summary of teams that will partake
at the 2013 Masters SA Championship.
PROVINCE
|
12-Men Team
|
8-Men Team
|
Cent.
Gauteng
|
1
|
1
|
Gauteng
North
|
1
|
1
|
Gauteng
|
1
|
1
|
North
West
|
1
|
-
|
Free
State
|
1
|
1
|
Mpumalanga
|
1
|
1
|
Northern
Cape
|
-
|
1
|
NE-Mpumalanga
|
-
|
1
|
Cent.
North West
|
1
|
1
|
Kwazulu-Natal
|
1
|
-
|
Limpopo
|
-
|
1
|
Eastern
Prov.
|
-
|
1
|
Western
Prov.
|
-
|
1
|
Southern
Cape
|
-
|
-
|
Total:
|
8
|
11
|
3.
Eastern Province will finalise the cost estimate and
forward it in due time to everybody. Any enquiries can be forwarded to Richard
Prinsloo (maureenpr@telkomsa.net) or myself (spinks@vsvov.co.za).
SAFBAF AJV - 2013
Goeie dag
dames en here,
1.
Graag verwys ek na die SAVOF 2013 Algemene
Jaarvergadering.
2.
Hiermee die eerste kennisgewing van die vergadering
en die reëlings is as
volg:
a. Datum : 6
Julie 2013.
b. Plek :
Willows Hotel, Potchefstroom.
c.
Begin tyd : 09:00
3.
Die agenda is in proses om gefinaliseer te word.
Indien u enige besprekingspunte op die agenda wil plaas wil ek u versoek om dit
aan my te stuur teen nie later as 7 Junie 2013.
4.
Die finale kennisgewing met al die relevante
dokumentasie sal na afloop van die sluitingsdatum aan u gestuur word.
Good day ladies and gentlemen,
1.
I would like to refer to the SAFBAF 2013 Annual General
Meeting.
2. Hereby the first notice
of the meeting
and the arrangements
are as follows:
a. Date: July 6, 2013.
b. Location: Willows Hotel, Potchefstroom.
c. Start time: 09:00
a. Date: July 6, 2013.
b. Location: Willows Hotel, Potchefstroom.
c. Start time: 09:00
3.
The agenda is in the process of being
finalized. If you have any discussion points you would like to
place on the agenda,
I ask you to
send it to me by
not later than
June 7, 2013.
4.
The final notice with all the relevant documentation will
be sent to you after the closing date.
Hengel
groete/ Angling greetings,
KENNISGEWING KARP AJV - 29 JUNIE 2013
Aangeheg
die volgende dokumentasie vir u aandag:
-
Finale
kennisgewing vir AJV
-
Agenda
-
Magtigings
brief
-
Nominasie
lys
-
Notule
van AJV gehou op 30 Junie 2012
-
Keurders
en Meriete Punte stelsel
-
Aanwysings
na Shanguni Lodge
Magtigings
brief van Provinsie: Laat asb voltooi en teken, bring saam na AJV om stemreg te
kan uitoefen.
Vergadering
begin om 09:00.
Keurings
beleid en Meriete punte stelsel aangeheg vir bespreking, bestudeer asb
vooraf deeglik.
Pieter
White sal die huidige meriete lys vir almal mail.
KARP
KOMITEE: Ons gaan asb om 08:00 ‘n komitee vergadering hou, maak asb
seker julle is betyds!!
SENIOR AJV TERUGVOER
NOTULE VAN DIE GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL
VERENIGING SENIOR KOMITEE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OP 5 JUNIE 2013 OM
19H00 TE PRETORIA MUNISIPALE SPORTGRONDE KLUBHUIS
TEENWOORDIG
|
Verteenwoordig
|
R. Strydom
(Voorsitter)
|
Pisces
|
A. Bezuidenhout
|
Munt
|
H.C.J. Coetzee
|
Koedoe/Keurders
|
L. Francis
|
Pisces/Senior B
|
C. Grové
|
Centurion
|
J.P. Joubert
|
Weermag/Keurders
|
R. Slump
|
Munt
|
G. Swart
|
Koedoe/Keurders
|
B. Thomas
|
Premiermyn/Senior C
|
J.J. Van Staden
|
Impala/Keurders
|
H. Van Zyl
|
Pisces
|
I.J. Grundlingh
(Sekretaris)
|
Weermag
|
|
|
AFWESIG MET VERSKONING
|
Verteenwoordig
|
|
|
M. Pieterse
|
Iscor
|
M. Swart
|
President
|
M.M. Van den Berg
|
Paalhengel
|
G. Van Zyl
|
Senior A
|
|
|
AFWESIG SONDER VERSKONING
|
Verteenwoordig
|
|
|
D. De Jager
|
Ontwikkeling
|
M.L. Rusch
|
Karphengel
|
Verteenwoordiger
|
Pta Polisie
|
Verteenworodiger
|
PRAS
|
Verteenwoordiger
|
Korrektief
|
Verteenwoordiger
|
Meesters A
|
Verteenwoordiger
|
Meesters B
|
INLEIDING
ITEM
1: OPENING EN VERWELKOMING
1.
Die Voorsitter (Rudi Strydom) heet almal
teenwoordig welkom.
2.
Chris Grové open
die verrigtinge met gebed.
ITEM
2: PRESENSIE
3.
Die Voorsitter bevestig die bywoning. Sien Aanhangsel
A.
4.
Geloofsbriewe is ontvang van die volgende
klubs: Centurion, Impala, Pisces, Premiermyn,
Munt, Koedoe en Weermag. Sien Aanhangsels B tot H. ‘n Kworum is teenwoordig en die vergadering
is gevolglik gekonstitueer.
ITEM
3: LIEF EN LEED
5.
Leed. Die kommittee word ingelig van die volgende:
a.
Gideon Van Zyl se skoonma is tans baie siek. Die komitee wens haar en die familie sterkte
toe.
6.
Lief. Die kommittee spreek sy gelukwense uit aan
alle senior hengelaars en spanne in die provinsie wat presteer het tydens die
Nasionale Kampioenskappe asook die lede wat verkies is tot die onderskeie
SAVOHV/Nasionale spanne.
ITEM 4: DRINGENDE PUNTE VIR BESPREKING (VASSTELLING
VAN AGENDA)
7.
Versoek vanaf die Vise-President
Projekte rakende Kleure-en-Liga Aand – Sekretaris.
BESPREKING (Vir)
Optrede
ITEM 5: NOTULE VAN VORIGE VERGADERING
8.
The Notule van die vorige vergadering (12 Junie
2012) word aanvaar met die volgende errata
– (bladsy 3) vervang Hard Sage met
Heartsease. Voorstel:
Hennie Van Zyl; Sekondeer: André Bezuidenhout. Sien Aanhangsel
I.
ITEM 6: SAKE VOORTSPRUITEND
9.
Sub-par 20.c – Grootte van Meesters Spanne
a.
André Bezuidenhout doen navraag waarom provinsies, soos GN, met groter ledetalle, nie
twee (8-man-) spanne in die Meesters B Adeling kan inskryf nie. Dit sal, onder andere, aan meer hengelaars
die geleentheid bied om op daardie vlak te kan meeding. Daar word bygevoeg dat dit nog nie so
plaasgevind het nie en daarvandaan die onsekerheid oor hierdie aspek.
b.
Giel Swart verduidelik weereens die problematiek
wat bestaan deurdat kleiner provinsies weerstand bied teen die idee rondom
slegs 12-man spanne.
c.
Boet Thomas voeg by dat die konsep rondom ‘n
Veterane Liga hierdie saak verder kan kompliseer.
d.
Beslissing. Die navraag van André sal met die Sameroeper van Meesters Hengel op SAVOHV,
Spinks Van Heerden, opgeneem moet word.
ITEM 7: KORRESPONDENSIE
10.
Geen ter bespreking – ‘n effektiewe vloei van
kommunikasie tussen die UK en die Senior Sub-komitee bestaan. Die Voorsitter
verwys na ‘n skrywe rakende die polemiek in die kommersiële seevissermans
bedryf en vra Ledeliggame om daarop te reageer.
ITEM 8: FINANSIES
11.
Terugvoer ten opsigte van die Senior en Meester
Spanne lyk tans kommerwekkend aangesien slegs die Senior C span se finansies
afgesluit is soos voorgeskryf.
12.
André Bezuidenhout dui daarop
dat hierdie probleem hom jaarliks herhaal en dit lyk nie asof dit enigsins
verbeter nie, alhoewel die Konstitusie die prosedure duidelik uitspel. Die Sekretaris haal die Konstitusie
aan: Bylaag Aq – Riglyne vir Bestuurders en Afrigters. Par 5.10.4.
Spanne se afsluitingsfunksies moet afgesluit wees (sic) voor die aankondigingsdatum van die nuwe
seisoen se spanne. Finansies moet
binne een maand na die afsluitingsfunksie afgehandel wees by die GN Tesourier
vir ouditdoeleindes.
13.
Beslissing. Die Sekretaris
om ’n skrywe te rig aan die huidige spanbesture om hulle te versoek om gehoor
te gee aan die bepalings van die Konstitusie.
ITEM 9: VOORSITTERS VERSLAG
14.
Die Voorsitter lees sy verslag voor en handig dit
in. Geen vrae en/of insette. Sien Aanhangsel
J.
ITEM 10: REGLEMENT VOORSTELLE
15.
‘n Voorstel vanaf Weermag is ontvang. Die kern van die dokument is vierledig, te
wete:
a.
Eerstens, dat die Reglement ook vir Meesters
hengelaars voorsiening moet maak inaggenome die totstandkoming van ‘n
Meesters Liga in 2012;
b.
Tweedens, die verwydering uit die Reglement van
alle aspekte rakende ‘n Tesourier (in die Sub-komitee) asook verwante take en
verantwoordelikhede;
c.
Derdens, die korrigering van die
verkiesing/bekragtiging van die Sameroeper van die Senior Sub-komitee (soos
wat dit tans gedoen word); en
d.
Vierdens die proewefooie betaalbaar aangesien
daar steeds na R100,00 en R30,00! verwys word.
16.
Beslissing. Die voorstel word aanvaar en sal na die UK
verwys word. Die vergadering besluit
voorts op ‘n proewefooi van R120,00 vir die 2013/2014 hengeljaar.
ITEM 11: SAKE VIR DRINGENDE BESPREKING
17.
Versoek vanaf die
Vise-President Projekte rakende Kleure-en-Liga Aand. Die Sekretaris lees die
versoek vanaf Riekie Labuschagne voor waarin versoek word dat spanbesture die
volgende na haar indien vir insluting in die 2013 program: Spanlyste, posisies tydens Nasionale
Kampioenskappe, uitnodigings na Nasionale Proewe asook opname in Nasionale
Spanne.
18.
Beslissing. Die
Sekretaris om ‘n skrywe aan spanbesture te rig om gehoor hieraan te gee.
ITEM 12: VERKIESING VAN AMPSDRAERS
19.
Twee voorstelle is ontvang waarin die
ondergenoemde lede genomineer word:
a.
Voorsitter – Rudi Strydom.
b.
Sekretaris – Ig Grundlingh.
20.
Beslissing. Die voorstel word algemeen aanvaar.
ITEM 13: AFSLUITING
21.
Die volgende vergadering van die Senior
Sub-komitee sal plaasvind op 7 Augustus 2013 om 19h00 te Pretoria Munisipale
Sportgronde Klubhuis.
|
Kennisname
Voorsitter
GN UK
Kennisname
Kennisname
Sekretaris
Spanbesture
Kennisname
Kennisname
GN UK
Sekretaris
Spanbesture
Kennisname
Kennisname
|
ITEM 14: VOLGENDE
VERGADERING
22.
Die Voorsitter sluit die
vergadering af om 20h07.
(I.J. GRUNDLINGH)
SEKRETARIS GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMITEE
Hierdie
Notule is van krag met ingang van 5 Junie 2013.
OPMERKINGS DEUR DIE VOORSITTER GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL
VERENIGING SENIOR KOMMITTEE
______________________________________________________________________________
______________________________________________________________________________
elektronies onderteken
(R. STRYDOM)
VOORSITTER GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMITEE
Subscribe to:
Posts (Atom)