Tuesday, March 18, 2014

SAVOF AFRIGTERS VLAK 1 KURSUS


Goeie dag dames en here,

 1.       Graag verwys ek na die SAVOF Afrigters Vlak 1 Kursus.
2.       Die voorbereiding vir die kursus is feitlik afgehandel. Die laaste fase van die voorbereding is die studiemateriaal vir die lede wat die kursus gaan bywoon.
3.       Hiermee word alle provinsies versoek om die naamlyste in te dien van al die lede wat die Afrigters Vlak 1 kursus 2014 wil bywoon. Die naamlys moet in die volgende formaat ingedien word:

 
Provinsie Naam
R No
Voornaam
Van
ID Nommer
Club
Tel/Sel Nommer
Epos Adres
1
 
 
 
 
 
 
2
 
 
 
 
 
 
4.       Hierdie opgawe moet my bereik teen nie later as 24 Maart 2014.
5.       Vergewis asb julle van die datums en plekke soos vervat in die SAVOF Jaarprogram.
6.       Ek wil graag bevestig dat daar gasheer provinsies geallokeer is om die logistieke reёlings te handteer. Die aantal lede wat elke afsonderlike sessie sal bywoon, sal later bekend gemaak word. Hierdie reёlings sluit in:

a.       Lokaal vir die aanbieding.
b.      Ontvangs koffie en tee.
c.       Mid-oggend koffie, tee en ligte snacks.
d.      Middagete en koeldrank.
e.      Tafels (indien die grootte van die lokaal dit toelaat) en stoele.
f.        ‘n Tafel en staander vir die aanbieder.
g.       Die lokaal moet donker genoeg wees sodat ‘n elektroniese skyfiereeks aangebied kan word.

7.       Die bywoning van die kursus is oop vir enige geaffilieerde lid van SAVOF wat ouer is as 18jaar en reeds ten minste 2jaar lid is hengelklub.
8.       Daar is baie energie en moeite ingesit in die ontwikkeling van die kursus, almal word versoek om die verpligte aktiwiteit te ondersteun sodat die Langtermyn Afrigters Program en Langtermyn Hengelaars Ontwikkelings Program kan in aanvang neem binne SAVOF.
9.       Tydens die komende Seniors en Meesters AJV op 29 Maart 2014 sal die volledige kursusprogram bespreek word. Die studiemateriaal sal ook by die geleentheid beskikbaar gestel word aan die Provinsiale Presidente volgens die nominasies wat ontvang is.    

No comments:

Post a Comment