Monday, July 8, 2013

GN BOL/KOLGOOI LIGA 13 JULIE 2013


Hi Almal

 

Die kol/bolgooi liga vind plaas hierdie Saterdag. 

 

1)      Plek Thaba Tshwane (Weermag gronde waar ons altyd gooi).  Hekke sal vanaf 06H00 oop wees

2)      Tyd – Inligting Sessie begin om 07H30

3)      Liga begin stiptelik om 08H00

4)      Verversings sal beskikbaar wees.  Ondersteun ons Gauteng-Noord hengelaars wat dit aanbied

5)      Belangrike notas

a.       Lede wat aan die kol/bolgooi liga deelneem moet geaffilieer wees

b.      Liga spanne wat inskryf die oggend, moet in besit wees van ‘n volledige spanlys met affiliasie nommer.  (Presies soos moet gewone ligas by die dam)

c.       Klubs wat dit nie spanlyste daar het nie – sal eers versoek word om volledige lyste te gaan invul voor inskrywing toegelaat sal word

d.      Koste is R10 per persoon wat deelneem

e.      Penkoppe gooi met golfballe

6)      Kom ons gee ons vollesamewerking aan die beamptes wat op die dag optree


No comments:

Post a Comment