Monday, February 4, 2013

PISCES FEBRUARIE 2013 HENGELVERSLAG


DATUM 2-Feb-13
DAM Roodeplaatdam, Natuurbewaring
WEER Heel dag mooi weer. Die wind was meestal lig tot matig, slegs vir 'n kort tydjie was daar 'n sterk wind.
Toestande Behalwe vir enkele afgeleë plekke is die oewer nogal skoon. Die gras is op sommige plekke effens lank en sommige hengel plekke tussen die riete is maar klein en het beperkte spasie.
Sommige van die paadjies af na die water is baie klipperig en moeilik om met 'n passasiers motor te begaan.
Daar was geen hiasinte nie, daar was ook weinig rommel in die water, daar was wel  groen alge (veral in die baaie), maar nie te erg nie.
Vashaak was meestal a.g.v. klippe, slegs op sommige plekke het ou lyne probleme veroorsaak.
Die oord was baie vol (veral kampeerders) wat daartoe gelei het dat nie almal plek kon kry nie.
   
Volskub Karp 175
Spieël Karp 9
Baber 2
Kurper 7
Totale Weeg Vis 193
Massa 123.000kg
Aantal hengelaars 28
   
Swaarste Volskub 2.435kg (Nicky Kriel)
Swaarste Spieël 0.845kg (Toitjie du Toit)
Swaarste Baber 2.460kg (Eon van Zyl)
Swaarste Kurper 0.215kg (Nienies Nienaber)
   
Wenners  
Seniors Nico Francis (14 vis, 8.065kg)
Meesters Arthur Wheeler (20 vis, 11.540kg)
Dames Alet Strydom (12 vis, 7.055kg)
Juniors Ruben Grundlingh (2 vis, 1.345kg)
Penkoppe Luan Nienaber (3 vis, 2.425kg)

No comments:

Post a Comment