Tuesday, June 14, 2011

Senior Komitee Notule

Telefoon:            012 620 3062                                                                                       GNVOV
Faksimilee:         012 620 3208                                                                                       Posbus 3359
Sel:                         084 602 2169                                                                                       Pretoria
E-pos:                   makkejaal@gmail.com                                                                 0001
Navrae:                                I.J. Grundlingh                                                                                                   Junie 2011



NOTULE VAN DIE GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMMITTEE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OP 8 JUNIE 2011 OM 19H00 TE PRETORIA MUNISIPALE SPORTGRONDE KLUBHUIS



TEENWOORDIG
Verteenwoordig
G.J. Swart
(Voorsitter)
Koedoe
A. Bezuidenhout
Munt
A.Coetzee
Pisces
M.G. De Beer
Polisie
L. Frances
Pisces
H. Gildenhuis
Centurion
I.J. Grundlingh
Weermag
A.M. Hammond
Polisie
J. Hattingh
Iscor
E. Hennop
Munt
M. Pieterse
Iscor
R. Strydom
Pisces
M. Swart
Koedoe
J.J. Van Staden
Impala
J Kiesling
(Sekretaresse)
Pisces



AFWESIG MET VERSKONING
Verteenwoordig
-
-




AFWESIG SONDER VERSKONING
Verteenwoordig
-
-







INLEIDING

ITEM 1:  OPENING EN VERWELKOMING

1.              Die Voorsitter (Gert Swart) heet almal teenwoordig welkom.
2.              Jurie Van Staden open die verrigtinge met gebed.
ITEM 2:  PRESENSIE

3.              Die Voorsitter bevestig die bywoning.  Sien Aanhangsel A.
4.              Geloofsbriewe is ontvang van die volgende klubs:  Centurion, Iscor, Impala, Koedoe, Munt, Pisces, Polisie en Weermag.  Sien Aanhangsels B tot I.
5.              Die feit dat Paalhengel (AJV) asook Karphengel (Maandelikse Vergadering) nie teenwoordig is nie, is onaanvaarbaar en sal met die UK opgeneem word.
ITEM 3:  LIEF EN LEED

6.              Leed.  Die kommittee word ingelig van die volgende aspekte rakende lede van GNVOV:
a.              Tannie Beeslaar ket kanker en dit gaan effens beter met haar.
b.             Dit gaan nie goed met Susan Labuschagne nie – haar lewensverwagting lyk nie baie rooskleuring nie.
c.              Wilma McDonald het ‘n operasie ondergaan en dit gaan goed met haar.
7.              Lief.  Die kommittee word ingelig van die volgende aspekte rakende lede van GNVOHV:
a.              Gert Swart het nog ‘n kleinkind ryker geword.
b.             Gelukwense aan die vier senior lede wat in die onderskeie SAVOF spanne opgeneem is.
                                      i.               LAR Du Plessis, NJ Foord en GP Ruthven (Federasie A-span).
                                     ii.               AV De Klerk (Federasie B-span).
c.              Gelukwense aan die lede wat verkies is tot die onderskeie SAVOF kommittees.
ITEM 4:  ADDISIONELE PUNTE VIR BESPREKING (VASSTELLING VAN AGENDA)
8.             Geen.


BESPREKING                                                                                                                                       (Vir) Optrede
ITEM 5:  NOTULE VAN VORIGE VERGADERING
9.                The Notule van die vorige vergadering (2 Junie 2010) word aanvaar.  Sien Aanhangsel J.
ITEM 6:  SAKE VOORTSPRUITEND
10.            LOTTO Fondse.  Die Voorsitter spreek sy dank uit aan Danie De Jager met die harde werk wat hy gedoen het met die verkryging van LOTTO fondse.  Hy is van mening dat daar gepoog moet word om van hierdie geld na die Senior Kommittee te kanaliseer.
11.            Punte Stelsel.  Die Voorsitter deel die vergadering mee dat die voorstel om terug te keer na die vorige punte stelsel tans by SAVOF is.  GNVOV steun hierdie terugkeer.
ITEM 7:  KORRESPONDENSIE
12.            Geen.
ITEM 8:  FINANSIES
13.            Geen Finansiële Verslag word ingehandig nie.
14.            Die Voorsitter spreek sy dank uit aan Angie Landsberg vir haar harde werk.
ITEM 9:  VOORSITTERS VERSLAG
15.            Die Voorsitter lees sy verslag voor en handig dit in.  Sien Aanhangsel K.
ITEM 10:  REGLEMENT VOORSTELLE
16.            Grondwet Wysigings.  Die Voorsitter noem dat daar wel wysigings aan die Senior Kommittee Grondwet is – spesifiek ten opsigte van die Proewe Prosedures.  Markus Swart dui aan dat indien dit nie tydens die AJV gedoen kan word nie, ‘n Spesiale Algemene Vergadering gehou sal moet word.
17.            Liga Stelsel.  Markus Swart deel die vergadering mee dat die liga stelsel, soos hersien op 25 Mei 2011, aan die klubs gesirkuleer sal word vir hul finale insette.

ITEM 11:  SAKE VIR DRINGENDE BESPREKING
18.            Geen.
ITEM 12:  VERKIESING VAN KOMMITTEE
19.            Die volgende lede word verkies tot die poste soos aangedui en dit word algemeen deur die vergadering aanvaar:
a.              Voorsitter – Rudi Strydom.
b.             Sekretaris – Ig Grundlingh.

Geen

Ter Info

Ter Info


Geen

Geen
Ter Info

Ter Info

Ter Info


Markus Swart



Geen

Ter Info

ITEM 13:  AFSLUITING
20.            Die Voorsitter sluit die vergadering af om 19h50.




 (I.J. GRUNDLINGH)
SEKRETARIS GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMMITTEE

Hierdie Notule is van krag met ingang van ______ Junie 2011.

OPMERKINGS DEUR DIE VOORSITTER GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMMITTEE

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________




(R. STRYDOM)
VOORSITTER GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMMITTEE

No comments:

Post a Comment