Monday, June 27, 2011

GAUTENG-NOORD CURRIEBEKER KAMPIOENE 2011

Hi Almal,

Soos ons almal weet na die GN Liga en Klereaand is GAUTENG-NOORD die Curriebeker Kampioene vir 2011.

Dit is vir ons as GAUTENG-NOORD 'n groot prestasie om na al die jare van harde werk as CURRIEBEKER KAMPIOENE gekroon te word.  Ek wil graag al al ons lede in GAUTENG-NOORD baie dankie se vir 'n fantastiese jaar.  Dit is voorwaar 'n eer om deel te wees van hierdie wonderlike prestasie.

Mag ons as 'n provinsie voortbou op hierdie suksesse en mag ons net groei van krag tot krag.  Deur die jaar was daar baie challenges en ons het dit met lof oorbrug.  Daar was ook baie suksesse en ons het dit met groot eer ontvang, maar nog steeds nederig gebly.  Ek dank almal van julle vir hierdie 'maturity' wat ons gewys het en mag hierdie die eerste ooewinning van nog baie wees!!!!

Groete

Markus Swart

No comments:

Post a Comment