Hi Almal,
Graag wil ek weereens van die geleentheid gebruik maak aan almal in GN dankie te se vir ‘n goeie jaar. Tydens die AJV is GN baie gebruik as voorbeeld en kan ons almal baie trots wees op ons provinsie.
Die AJV vir SAVOF het die naweek van 22-23 Julie by Maselspoort – Bloemfontein plaasgevind.
Die Vrydag was daar ‘n werkswinkel wat die volgende punte bespreek en voorgele is deur die Sekreteriaat Fred Visagie.
1) Discussion of National Sport Recreation Act
a. SASCOC involvement in the execution of the Act
b. SRSA involvement in the execution of the Act
c. National Federation involvement in the Execution of the Act
2) Other legislation and regulations of importance to NSF
a. White paper on Sport and Recreation 2010 – Draft 1
b. National Sports Plan
c. Recognition of sport and recreation bodies regulations 2010
d. Sport and Recreation SA strategic Plan 2011- 2015
e. Safety at sports and recreational events act, 2010
f. Bidding and Hosting legislation
g. Prioritization of National Federation in terms of the White Paper Policy
h. Transformation Charter for SA Sport
i. Code of Conduct (Sport Movement)
j. National Sport and Recreation Plan (Version 7)
3) Responsibilities of National Federations in terms of the act
4) Affiliation with Provincial Sport Council
5) SRSA and LOTTO Grants received allocated to SAFBAF
Terugvoer van die AJV gehou 26 Junie 2010:
1) Punt 9.2 – Net bevestig of GN wel ‘n bydrae gemaak het tov die Dames Wereldbeker Kampioenskappe. Angie sal jy dit asb. bevestig.
2) Punt 9.6 – Nationale Kleure Register. GN se register is in plek. Soos per terugvoer vanaf Knop tydens GN AJV. Net bevestig dat Eric Kitchebrand dit wel ontvang het. Volgens hom het net 3 provinsies dit ingestuur.
3) Punt 14.9 – Penalty system for non-compliance by Provinces. Model moet nog gefinaliseer word. Sal eers gedoen word as die SAVOF grondwet in plek is in Augustus. Sal tydens die halfjaar vergadering hersien word.
4) Punt 16.5 – Affiliation to Provincial Sport Council. Terugvoer gegee rakende die huidige stiuasie in Gauteng.
Terugvoer van die halfjaar vergadering 13 November 2010
1) Punt 11.6 – Geen terugvoer tov die webblad vir SAVOF. GN stel voor om dit te ondersoek en met ‘n voorlegging te kom.
2) Die volgende sportnominasie is gemaak : SA Sport Nominations
a. Die Karpfaset span is voorgele aan die Minister van Sport vir die toekenning vir die sportspan van die jaar. Nie geslaag nie.
b. GP Nel en Loggies van Loggenberg voorgele as sportmanne van die jaar. Nie geslaag nie.
c. Afrigter van die jaar. Johan van Heerden is voorgele. Aanvaar. Johan v Heerden is 1 van 3 nominasie as SA Afrigter van die jaar nominasies.
d. Administrateur van die jaar. Fred Visagie is voorgele as administrateur van die jaar. Is ook 1 van 3 nominasies.
3) Thys Greyvenstein van Mpumulanga is geskors vir een volle jaar. Is as gevolg van die feit dat hy tydens die Klipdrift SA Kampioenskappe 11H00 op die laaste dag sy goed gevat het en gery het.
Terugvoer rakende punt tydens die AJV 23 Julie 2011
1) Reiskoste is verhoog vanaf R1.25 tot R1.75
2) Provinsiale Registrasie koste is verhoog vanaf R500 pj tot R1000 pj
3) Spanregistrasiefooie is verhoog vanaf R300 tot R400 pj
4) Ledegelde is verhoog vanaf R50 tot R70 pj
5) Sosialelede gelde is verhoog vanaf R5 tot R10 pj
President ; Des v Jaarsveld se verslag het die volgende aangespreek:
1) Karpfaset sukses – 3de jaar Wereldkampioene
2) Dames Match Wereldkampioenskappe – 5de
3) Feeder Angling in SA. Wereldkampioenskappe in Italie
4) CIPS se betrokkenheid
5) Ongelukkigheid tydens SA Kampioenskappe te Klipdriftdam. Des v Jaarsveld het aan al die provinsies onveskoning gevra vir die SA Kampioenskappe.
Besprekingspunte
1) Punt 13.1 - Oewerhengel Reels verander soos voorgele deur GN.
2) Punt 13.2 - Junior B Spanne sal vir die SA in 2011 nog uit 12 lede bestaan.
3) Punt 13.3 – Almal wat aan ‘n SA Kampioenskap deelgeneem het mag aan die Feeder Angling proewe deelneem
4) Punt 13.4 – Gauteng-Noord is die CIURRIEBEKER Kampioene. Ons is ook 3de by die Federasie Beker.
5) Punt 13.5 – Roles en Responsibilities is weer uitgestuur.
6) Punt 13.6 – GN het hulle ongelukkigheid uitgespreek rakende die swak DVD materiaal wat ontvang is na die Junior SA’s, nadat ons aanvanklik nie deel van die projek wou wees nie. Ons het kategories aan die komitee bekendgemaak dat ons nie deel van die DVD projek vir Junior SA 2011 wil wees nie. Al die ander provinsies het dieselfde gevoel, nadat ons gekrtiseeer was tydens die halfjaar vergadering.
7) Punt 13.7 – Noord-Kaap naam verandering goedgekeur
8) Punt 13.8 – Die brief wat GN voorgle het aan SAVOF is voorgele. Daar sal ‘n beleid rakende veiligheid by oewers deur SAVOF voorgele word tydens die halfjaar vergadering in November.
9) Punt 13.9 – Kalender vir 2012 sal deurgegee word na die provinsiesi toe.
10) Punt 13.10 – Grondwet word herskryf in Engels agv ons oorsese verhoudings.
Verkiesing van SAVOF Lede :
1) President – Des v Jaarsveld
2) Tesourier – Johan Donald
3) Interne Koordineerder – Trevor Spencer
4) Klere Beampte – Geen verkiesing. Eric Kichenbrand nie beskikbaar nie. Glen Kichenbrand sal gekopteer word vir die posisie
5) Bemarkingsbestuurder – Geen. Oorweeg dat elke faset sy eie bemarkingsbestuurder aanstel.
6) Bewarings Beampte – Geen verkiesing
7) Rekords Beampte – Marlene Coetzee
8) Ontwikkelings Beampte – Danie de Jager
No comments:
Post a Comment