Friday, April 15, 2011

GAUTENG-NOORD KARP UITNODIGINGS

Hi Almal,


Na afloop van die Suid Afrikaanse Kampioenskappe is 5 van die 6 penne wat deelgeneem het aan die SA's uitgenooi na die Karp Proewe toe wat sal plaasvind 15 Januarie 2012 tot 18 Januarie 2012.

Die penne wat uitgenooi is is as volg:
A Span:
- Sarel Boshof & Willie Richards
- Carel Schoenman & Robert Hurn
- Nardus Buys & Jacques Mouton

B Span:
- Jacques Fourie & Chris Robberts
- Viron Chrissopolis & Mark Gentle

Thursday, April 14, 2011

Wednesday, April 13, 2011

KARP SA UITSLAE - Eeerste 48 uur

Hiermee die voorlopige uitslae van die 2011 Nasionale Karphengel Kampioenskappe wat vanaf 11-14 April 2011 by Bamboesspruit te Bloemhof Dam plaasvind. Die uitslae na afloop van die  eerste 48 uur is as volg:  

PROV. A-SPANNE: SPANRESULTATE NA 48 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
Vrystaat
06
2
Limpopo
08
3
Gauteng Noord
15
4
Noordwes
15
5
Noordkaap
17
6
Mpumalanga
17
7
Sentraal Gauteng
17
8
Gauteng
19
9
Oostelike Provinsie
21



PROV. A-SPANNE: INDIVIDUELE RESULTATE NA 48 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
J van Heerden & M van Heerden (Noordkaap)
500 kg
2
G Foxcroft & L Louwies (Noordwes)
425 kg
3
WS Nel & K van J Bekker (Vrystaat)
408 kg



PROV. B-SPANNE: SPANRESULTATE NA 48 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
Gauteng Noord
06
2
Sentraal Gauteng
07
3
Vrystaat
09
4
Noordwes
09
5
Oostelike Provinsie
14



PROV. B-SPANNE: INDIVIDUELE RESULTATE NA 48 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
M van der Walt en A Lourens (Sent-Gaut)
415 kg
1
C de Beer & D Nieuwoudt (Vrystaat)
281 kg
3
J Schlebusch & R Klopper (Sent-Gaut)
247 kg

Tuesday, April 12, 2011

KARP SA'S

Hiermee die uitslae van die 2011 Nasionale Karphengel Kampioenskappe wat vanaf 11-14 April
2011 by Bamboesspruit te Bloemhof Dam plaasvind. Die uitslae na afloop van die eerste 24 uur
 is as volg:  


PROV.A-SPANNE: SPANRESULTATE NA EERSTE 24 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
Vrystaat
4
2
Gauteng
13
3
Noordwes
13
4
Gauteng Noord
14
5
Sentraal Gauteng
14
6
Mpumalanga
15
7
Limpopo
17
8
Noordkaap
19
9
Oostelike Provinsie
26



PROV.A-SPANNE: INDIVIDUELE RESULTATE NA EERSTE NA 24 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
WS Nel & J Bekker (Vrystaat)
179 kg
2
G Foxcroft & L Louwies (Noordwes)
150 kg
3
GP Nel & K van Loggerenberg (Vrystaat)
129 kg



PROV. B-SPANNE: SPANRESULTATE NA EERSTE 24 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
Sentraal Gauteng
5
2
Gauteng Noord
6
3
Noordwes
10
4
Vrystaat
12
5
Gauteng
12



PROV. B-SPANNE: INDIVIDUELE RESULTATE NA EERSTE 24 UUR

POS
PROVINSIE
PUNTE
1
Schleebusch & Klopper (Sent-Gaut)
108 kg
2
M van der Walt en A Lourens (Sent-Gaut)
104 kg
3
Fourie & Roberts (Gaut-Noord)
94 kg

CIPS VERSLAG

President: Des van Jaarsveld, PO Box 377. Welkom 9460 - E-mail: des.v.j@telkomsa.net Tel. 057-352-2755 : Fax. 057-352-2755 : Mobile 082-973-1635 Secretary: Fred Visagie, PO Box 10444, Klerksdorp 2570 : E-mail: saangling@mweb.co.za Tel. 018-462-3280 : Fax. 086-653-7962 : Mobile 083-631-8868
31 MAART – 2 APRIL 2011


CIPS – FIPS-ed KONGRES, ROME, ITALIë (SAVOF Verteenwoordigers: Des van Jaarsveld & Fred Visagie)

VERSLAG: DES VAN JAARSVELD
FIPS-ED ALGEMENE JAARVERGADERING
Graag maak ek van die geleentheid gebruik om soos volg verslag te doen van die 2011 CIPS Kongres wat plaasgevind het soos hierbo aangehaal.
Met ontvangs van die kennisgewing van die Kongres is besluit om vir die volgende aangeleenthede aansoek te doen om op die Agenda geplaas te word vir bespreking.
(a) die aanbied van die 2013 Wêreld Feeder Angling Kampioenskappe
(b) die daarstelling van Feeder Angling Kampioenskappe vir Dames en Juniors
Die hoofdoel hiervan was om geleenthede vir ons hengelaars te skep om weereens te kwalifiseer vir Nasionale Kleure en om Suid Afrika (SAVOF) as ʼn wêreldleier en ʼn belangrike rol speler in varswaterhengel in die wêreld te vestig. RESULTATE
1.
ʼn Dag voor die FIPS-ed vergadering het ons kennis geneem van die feit dat Ierland en Nederland ook in die wedloop was vir die aanbieding van die Feeder Kampioenskappe in 2013 en 2014. As gevolg hiervan het ons die President van FIPS-ed, Professor Matteoli genader met die versoek vir ʼn vooraf vergadering met hom met die doel om sekere punte te bespreek asook om sy steun te werf vir ons aansoek vir 2013.
Na die positiewe gevolge uit hierdie vergadering het ons toe ook met Ierland en Nederland vergader en het ons die volgende voorstel aan Matteoli voorgelê naamlik Suid Afrika die gashere in 2013, Ierland in 2014 en Nederland in 2015. Tydens die amptelike vergadering is dit dan ook so uitgespel met die voorbehoud dat Ierland en Nederland in 2013 is Suid Afrika aan die Feeder kampioenskappe sal deelneem.
Sedert 2008 is dit SAVOF se derde Wêreld Varswaterkampioenskappe te midde van felle opposisie van Europese lande. 'n Groot riem onder die hart was die waardering en krediet wat ons ontvang het vir ons volgehoue vordering en inisiatiewe in die Varswater hengelsport op internasionale vlak.

2.
As gevolg van ʼn baie lang en moeilike agenda en ʼn gebrek aan tyd is die laaste drie punte op die FIPS agenda, waaronder Suid-Afrika se aansoek vir die daarstelling van 'n Dames en Junior Feeder Hengelkampioenskappe, nie behandel nie. Suid-Afrika is genooi om die 2011 Wêreld Hengelspele in Italië by te woon waartydens hierdie aansoek behandel sal word. Dit sal dan ook geweeg word teenoor die sukses van die eerste FIPS-ed Senior Feeder Hengelkampioenskappe. Geduld en goeie beplanning is dus in hierdie opsig die sleutelwoord.
Alles in inaggenome ; ʼn suksesvolle missie.


CIPS ALGEMENE JAARVERGADERING
(Verteenwoordigers: J. Pledger, D. van Jaarsveld, F. Visagie)
Indien die FIPS-ed Algemene Jaarvergadering as ʼn suksesvolle missie gesien word dan kan die CIPS Algemene Jaarvergadering as ʼn triomf beskou word.
Die aanloop tot hierdie stelling was die afgelope Bloemhof Schools Legacy Program Werkswinkel wat op 4 Maart 2011 in samewerking met die Noordwes Regering en die plaaslike Munisipaliteite te Bloemhof Dam deur ons Sekretaris, Fred Visagie georganiseer was en waarby agt skole van die streek betrokke was.
Gedurende hierdie werkswinkel is ʼn video vir Supersport gemaak van ondermeer aantoon hoe die swart jeug opleiding ontvang deur ons senior provinsiale hengelaars asook van die oorhandiging van spesiale T-hemde, etes en grondvoer geborg deur
ʼn Verkorte weergawe van 10 minute van die video tesame met foto's is na Rome geneem met die doel om aan die besture van CIPS en FIPS te demonstreer wat SAVOF in Suid Afrika doen om die hengelsport onder die jeug te bevorder.
Die Vise President van CIPS Mnr. Hymie Steyn, wie verantwoordelik is vir die internasionale bevordering van die hengelsport onder die jeug, het namens SAVOF toestemming verkry om hierdie materiaal aan die CIPS Algemene Jaarvergadering te vertoon tydens die behandeling van sy Jaarverslag. Hy het my ook versoek om ʼn inleidende toespraak te lewer terwyl die foto's en video opname op ʼn groot skerm afgerol het. Die applous en gelukwensinge wat hierna gevolg het is nie moontlik om hier te beskryf nie behalwe om te sê dat ons dit vir ʼn lang tyd sal onthou.
Van die grootste komplimente wat gevolg het was ʼn versoek van die President van CIPS Mnr. Marcel Ordan dat ʼn afskrif van die video aan hom oorhandig wat hy ondermeer tydens 'n besoek aan Sportaccord of the wel die International Sport federation wil vertoon. Dit is dan ook aan hom oorhandig.
Tweedens is ʼn aanbod van Algerië Sporthengel Federasie ontvang om ʼn verteenwoordiger van Suid Afrika na hulle land te stuur om hulle by te staan met opleiding en ontwikkeling van die jeug in die hengelsport.

Ten Slotte Dit was voorwaar vir beide myself en Fred ʼn groot voorreg om ons land tydens hierdie Kongres te verteenwoordig en in alle nederigheid hoop en vertrou ons dat hierdie beskeie bydae in die toekoms sal help om ons Federasie en ons land se belange nog verder te versterk en uit te bou. Dit is dan ook ʼn groot voorreg om hierdie suksesse met u as lede te deel.
Hiermee ook ʼn paar foto's wat tydens my toespraak vertoon was.
Groete
............................
DES VAN JAARSVELD
11 APRIL 2011 

Monday, April 11, 2011

PAAL SA'S

Wel gedaan aan al ons GN hengelaars wat by die SA Kampioenskappe betrokke was.  Gauteng-Noord is ongelooflik trots op julle!!!

Die amptelike punte vir die Match SA’s het ek nog nie gekry nie, maar hier is die uitslae soos Vrydag aand bekend gemaak

Senior A – Gauteng Noord Wen
Eerste – Maurits Kriel (GN)
Tweede – Jan Steydler (GN)
Derde – Dean Bolton (Vrystaat)
Vierde – Manie Kriel (GN)

Maurits meeste vis en swaarte sak oor die 2 dae

Senior B – Gauteng Noord 4de

Dames – Gauteng Noord laaste

Juniors – Gauteng Noord Wen
Eerste – Chad Hayman (Gauteng)
Tweede – Neville Foord (GN)
Derde – Peet van der Schyff (GN)

Monday, April 4, 2011

PAAL SA'S

Sterkte aan al ons Gauteng-Noord hengelaars wat die week aan die Paal SA's gaan deelneem.  Ons staan reg agter julle.  Gaan gee julle beste en bring vir ons die goud huis toe.

Die amptelike oefendag is die 6de April en die SA's is 7 en 8 April.  Huidiglik is die hengelaars al sterk besig om te oefen.

Senior A
Jan Steydtler
Eddie Francis
Maurits Kriel
Manie Kriel

Senior B
Andre Potgieter
Fanie van der Schyff
Wessel Potgieter
Sanet Potgoeter

Dames
Jacque van Zanten
Tharina Coetzee

Juniors
Neville Foord
Alex Botha
Peet van der Schyff