Tuesday, December 23, 2014

GESEEENDE KERSFEES EN VOORSPOEDIGE NUWEJAAR

Wat ook al ons omstandighede, positief of negatief, die boodskap van Kersfees is dat God met Sy kinders is.  Hierdie God het Christus na ons gestuur. Hy is die Redder van die wêreld. Ons mag wet, dit maak nie saak hoe sleg dinge raak nie, God is met ons. Die geloof wat God ons skenk beteken jy kan God vertrou, dit gee jou ʼn egte hoop vir die toekoms. Die liefde van God wat in Christus op Kersdag hande en voete kom kry het, gee weer betekenis aan ons lewens. Kom, laat daar ‘’n nuwe lied”, ‘n positiewe lied oor ons mooi land weerklink hierdie Kersfeestyd.
Geseënde Kersfees en Nuwe Jaar.

No comments:

Post a Comment