Wednesday, June 12, 2013

SENIOR AJV TERUGVOER



NOTULE VAN DIE GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMITEE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OP 5 JUNIE 2013 OM 19H00 TE PRETORIA MUNISIPALE SPORTGRONDE KLUBHUIS

 

TEENWOORDIG
Verteenwoordig
R. Strydom
(Voorsitter)
Pisces
A. Bezuidenhout
Munt
H.C.J. Coetzee
Koedoe/Keurders
L. Francis
Pisces/Senior B
C. Grové
Centurion
J.P. Joubert
Weermag/Keurders
R. Slump
Munt
G. Swart
Koedoe/Keurders
B. Thomas
Premiermyn/Senior C
J.J. Van Staden
Impala/Keurders
H. Van Zyl
Pisces
I.J. Grundlingh
(Sekretaris)
Weermag
 
 
AFWESIG MET VERSKONING
Verteenwoordig
 
 
M. Pieterse
Iscor
M. Swart
President
M.M. Van den Berg
Paalhengel
G. Van Zyl
Senior A
 
 
AFWESIG SONDER VERSKONING
Verteenwoordig
 
 
D. De Jager
Ontwikkeling
M.L. Rusch
Karphengel
Verteenwoordiger
Pta Polisie
Verteenworodiger
PRAS
Verteenwoordiger
Korrektief
Verteenwoordiger
Meesters A
Verteenwoordiger
Meesters B

INLEIDING

 

ITEM 1:  OPENING EN VERWELKOMING

 

1.              Die Voorsitter (Rudi Strydom) heet almal teenwoordig welkom.

2.              Chris GrovĂ© open die verrigtinge met gebed.

ITEM 2:  PRESENSIE

 

3.              Die Voorsitter bevestig die bywoning.  Sien Aanhangsel A.

4.              Geloofsbriewe is ontvang van die volgende klubs:  Centurion, Impala, Pisces, Premiermyn, Munt, Koedoe en Weermag.  Sien Aanhangsels B tot H.  ‘n Kworum is teenwoordig en die vergadering is gevolglik gekonstitueer.

ITEM 3:  LIEF EN LEED

 

5.              Leed.  Die kommittee word ingelig van die volgende:

a.              Gideon Van Zyl se skoonma is tans baie siek.  Die komitee wens haar en die familie sterkte toe.

6.              Lief.  Die kommittee spreek sy gelukwense uit aan alle senior hengelaars en spanne in die provinsie wat presteer het tydens die Nasionale Kampioenskappe asook die lede wat verkies is tot die onderskeie SAVOHV/Nasionale spanne.

ITEM 4:  DRINGENDE PUNTE VIR BESPREKING (VASSTELLING VAN AGENDA)

7.             Versoek vanaf die Vise-President Projekte rakende Kleure-en-Liga Aand – Sekretaris.

BESPREKING                                                                                                                                       (Vir) Optrede

ITEM 5:  NOTULE VAN VORIGE VERGADERING
8.                The Notule van die vorige vergadering (12 Junie 2012) word aanvaar met die volgende errata – (bladsy 3) vervang Hard Sage met Heartsease.   Voorstel:  Hennie Van Zyl; Sekondeer:  AndrĂ© Bezuidenhout.  Sien Aanhangsel I.
ITEM 6:  SAKE VOORTSPRUITEND
9.                Sub-par 20.c – Grootte van Meesters Spanne
a.              AndrĂ© Bezuidenhout doen navraag waarom provinsies, soos GN, met groter ledetalle, nie twee (8-man-) spanne in die Meesters B Adeling kan inskryf nie.  Dit sal, onder andere, aan meer hengelaars die geleentheid bied om op daardie vlak te kan meeding.  Daar word bygevoeg dat dit nog nie so plaasgevind het nie en daarvandaan die onsekerheid  oor hierdie aspek.
b.             Giel Swart verduidelik weereens die problematiek wat bestaan deurdat kleiner provinsies weerstand bied teen die idee rondom slegs 12-man spanne.
c.              Boet Thomas voeg by dat die konsep rondom ‘n Veterane Liga hierdie saak verder kan kompliseer.
d.             Beslissing.  Die navraag van AndrĂ© sal met die Sameroeper van Meesters Hengel op SAVOHV, Spinks Van Heerden, opgeneem moet word.
ITEM 7:  KORRESPONDENSIE
10.            Geen ter bespreking – ‘n effektiewe vloei van kommunikasie tussen die UK en die Senior Sub-komitee bestaan. Die Voorsitter verwys na ‘n skrywe rakende die polemiek in die kommersiĂ«le seevissermans bedryf en vra Ledeliggame om daarop te reageer.
ITEM 8:  FINANSIES
11.            Terugvoer ten opsigte van die Senior en Meester Spanne lyk tans kommerwekkend aangesien slegs die Senior C span se finansies afgesluit is soos voorgeskryf.
12.            AndrĂ© Bezuidenhout dui daarop dat hierdie probleem hom jaarliks herhaal en dit lyk nie asof dit enigsins verbeter nie, alhoewel die Konstitusie die prosedure duidelik uitspel.  Die Sekretaris haal die Konstitusie aan:  Bylaag Aq – Riglyne vir Bestuurders en Afrigters.  Par 5.10.4.  Spanne se afsluitingsfunksies moet afgesluit wees (sic) voor die aankondigingsdatum van die nuwe seisoen se spanne.  Finansies moet binne een maand na die afsluitingsfunksie afgehandel wees by die GN Tesourier vir ouditdoeleindes.
13.            Beslissing.  Die Sekretaris om ’n skrywe te rig aan die huidige spanbesture om hulle te versoek om gehoor te gee aan die bepalings van die Konstitusie.
ITEM 9:  VOORSITTERS VERSLAG
14.            Die Voorsitter lees sy verslag voor en handig dit in.  Geen vrae en/of insette.  Sien Aanhangsel J.
 
 
ITEM 10:  REGLEMENT VOORSTELLE
15.            ‘n Voorstel vanaf Weermag is ontvang.  Die kern van die dokument is vierledig, te wete:
a.              Eerstens, dat die Reglement ook vir Meesters hengelaars voorsiening moet maak inaggenome die totstandkoming van ‘n Meesters Liga in 2012;
b.             Tweedens, die verwydering uit die Reglement van alle aspekte rakende ‘n Tesourier (in die Sub-komitee) asook verwante take en verantwoordelikhede;
c.              Derdens, die korrigering van die verkiesing/bekragtiging van die Sameroeper van die Senior Sub-komitee (soos wat dit tans gedoen word); en
d.             Vierdens die proewefooie betaalbaar aangesien daar steeds na R100,00 en R30,00! verwys word.
16.            Beslissing.  Die voorstel word aanvaar en sal na die UK verwys word.  Die vergadering besluit voorts op ‘n proewefooi van R120,00 vir die 2013/2014 hengeljaar.
ITEM 11:  SAKE VIR DRINGENDE BESPREKING
17.            Versoek vanaf die Vise-President Projekte rakende Kleure-en-Liga Aand.  Die Sekretaris lees die versoek vanaf Riekie Labuschagne voor waarin versoek word dat spanbesture die volgende na haar indien vir insluting in die 2013 program:  Spanlyste, posisies tydens Nasionale Kampioenskappe, uitnodigings na Nasionale Proewe asook opname in Nasionale Spanne.
18.            Beslissing.  Die Sekretaris om ‘n skrywe aan spanbesture te rig om gehoor hieraan te gee.
ITEM 12:  VERKIESING VAN AMPSDRAERS
19.            Twee voorstelle is ontvang waarin die ondergenoemde lede genomineer word:
a.              Voorsitter – Rudi Strydom.
b.             Sekretaris – Ig Grundlingh.
20.            Beslissing.  Die voorstel word algemeen aanvaar.
 
ITEM 13:  AFSLUITING
21.            Die volgende vergadering van die Senior Sub-komitee sal plaasvind op 7 Augustus 2013 om 19h00 te Pretoria Munisipale Sportgronde Klubhuis.
 
Kennisname
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Voorsitter
GN UK
 
 
 
Kennisname
 
 
 
 
 
Kennisname
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Sekretaris
Spanbesture
 
 
 
Kennisname
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Kennisname
GN UK
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Sekretaris
Spanbesture
 
 
 
 
 
 
 
 
Kennisname
 
 
 
Kennisname
 

ITEM 14:  VOLGENDE VERGADERING

22.            Die Voorsitter sluit die vergadering af om 20h07.

 

 

 

 (I.J. GRUNDLINGH)

SEKRETARIS GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMITEE

 

Hierdie Notule is van krag met ingang van 5 Junie 2013.

 

OPMERKINGS DEUR DIE VOORSITTER GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMMITTEE

 

______________________________________________________________________________

 

______________________________________________________________________________

 

elektronies onderteken

 

(R. STRYDOM)

VOORSITTER GAUTENG NOORD VARSWATER OEWERHENGEL VERENIGING SENIOR KOMITEE

No comments:

Post a Comment