Thursday, May 26, 2011

MUNT KLINIEK DAG

Munt/Mint hengel klub gaan op die 16 Julie 2011 by ons klub waters in Pta-Noord ‘n hengel kliniek en tegniek dag aanbied. Ons Protea en Provinsiale hengelaars gaan op die dag die fyner tegnieke van spesie/karp faset hengel, paal hengel, oewer hengel en feeder hengel aan die publiek demonstreer. Ons beoog ook om hengel winkels wat die Munt/Mint klub borg die geleendheid te gee om hulle produkte te kom uitstal. Ingang sal tussen R10.00 – R15.00 per persoon wees en ons beplan om ietsie te eet en te drink ook aan te bied.

Enige navrae kan aan my gerig word by elhennop@yahoo.com of belangstelendes kan ons op facebook volg onder Munt Hengel Klub.

No comments:

Post a Comment