Thursday, May 26, 2011

TWEEDE KARP LIGA

Hello

Na die vergadering gisteraand het daar ‘n paar opsies op die tafel gekom vir die 2de Liga. Ek gaan al die opsies lys dan kajn ons stem vir die beste opsie.

Opsie 1
Hou die liga by Arabie Dam 16 – 19 Junie 2011

Opsie 2
Hou die liga by Die Nyl 16 – 18 Julie 2011.

Opsie 3
Hou die liga by Vaaldam (Draaifontein) 16 – 19 Junie 2011.

Opsie 4
Hou die liga saam met ‘n proewe by Bloemhof (Bamboesspruit) 16 – 19 Junie 2011. Die 16de junie is ‘n vakansiedag, dus as ons die bloemhof liga en proewe vorentoe skuif score ons ‘n dag verlof. Ons kan ‘n 68 uur game by bloenhof hou. Ons kan dan die 3de liga in Augustus of September hou van ‘n vrydag tot sondag.

Ek wil teen Woensdag 1 Junie 2011 asb julle antwoord hĂȘ met watter opsie julle pas. Almal moet my antwoord asb.

Ek sal teen Donderdag weer ‘n e-mail stuur met die besluit.

Navrae by Marius 0833892554 of Robert Kotze 0823393711.

MUNT KLINIEK DAG

Munt/Mint hengel klub gaan op die 16 Julie 2011 by ons klub waters in Pta-Noord ‘n hengel kliniek en tegniek dag aanbied. Ons Protea en Provinsiale hengelaars gaan op die dag die fyner tegnieke van spesie/karp faset hengel, paal hengel, oewer hengel en feeder hengel aan die publiek demonstreer. Ons beoog ook om hengel winkels wat die Munt/Mint klub borg die geleendheid te gee om hulle produkte te kom uitstal. Ingang sal tussen R10.00 – R15.00 per persoon wees en ons beplan om ietsie te eet en te drink ook aan te bied.

Enige navrae kan aan my gerig word by elhennop@yahoo.com of belangstelendes kan ons op facebook volg onder Munt Hengel Klub.

Tuesday, May 24, 2011

KARP LIGA

Karp Hengelaars

Soos julle almal weet is die eerste karp liga van die jaar afgehandel.

Die uitslag is as volg:

5de Johan van Zyl en Craig Doyle  3 vis 7,82Kg
4de Danie Rusch en Joggie du Toit 3 vis 9,74kg
3de Jacques Fourie en Chris Robberts 9 vis 25,24Kg
2de Karel Schoeman en Robert Hurn 23 vis 54,86Kg
1ste Robert Kotze en Marius Rusch 31 vis 73,94Kg

Totaal 69 vis 171,60Kg
2,48Kg per vis.

Soos julle kan sien het daar ‘n paar visse uitgekom vir die naweek. Baie dankie vir almal wat daar was. Dit was koud gewees maar lekker.

Baie dankie aan die nuwe lede Craig Doyle en Joggie du Toit.

Ons gaan Woensdag 25 Mei almal bymekaar kom by die GN Klub huis om die nabetragting van die liga te doen en dan ‘n venue te bespreek vir die volgende liga. Ek sal dit waardeer as almal daar kan wees sodat ons almal se insette kan kry vir die volgende liga.

Groete Marius Rusch

Monday, May 16, 2011

RUST DE WINTER KARPS

Hierdie mooi Karps is gevang by Rust De Winter.   Kyk na die mooi kondisie waarin hierdie Karps is.





GROOTBEK GEELVIS 14.6KG TE CILLIERS VAALDAM

Harry van Weermag Hengelklub het hierdie pragtige Grootbek Geelvis van 14.6kg gevang te Cilliers Vaaldam.