Thursday, April 28, 2011

GN KARP VERGADERING NOTULE

NOTULE VAN GAUTENG NOORD KARP DAGBESTUUR VERGADERING SOOS GEHOU OP 20 APRIL 2011 OM 18H30
TEENWOORDIG
Marius Rusch                                                                     Sameroeper
Robert Kotze                                                                     Tesourier/Sekretaris
Martin Stander                                                                 Addisionele lid
Lenie Rusch                                                                        Weegbeamte/Skeidsregter

OPENING
Marius heet almal welkom en open die vergadering met gebed. 

VERSKONINGS
Geen

LIEF EN LEED
Die A span het 3de algeheel op die afgelope SA Kampioenskappe geeindig. En 5 van die 6 penne is uitgenooi na die Nasionale Proewe. 

FINANSIES
Robert het die state aangevra maar Angie Landsberg kan dit eers na die einde van die maand aan ons verskaf. 

Marius noem dat ons moet toestemming kry en probeer om by die kolgooi liga fondse in te samel.

Marius sal ook by Markus Swart uitvind hoeveel vir ontwikkeling (toerusting en versekering) van karp hengel gegee kan word uit die Lotto geld wat Gauteng Noord ontvang het. 

Robert noem dat ons moet kyk vir borgskappe om die koste op die hengellaars te verlig.

Tesourier GN


Marius Rusch


Marius Rusch
Robert Kotze


Almal




LIGA’S
Marius sal ‘n koste uiteensetting doen vir die eerste liga. 

Daar word besluit dat die kampies breeër gemaak gaan word vir die ligas.  Twee huidige hengellaars mag dan saam met twee nuwe lede in die kampie hengel ter bevordering en ontwikkeling van karp hengel.

Die voer beperking vir die eerste twee ligas is 50kg per pen.  Die eerste liga sal by Ardenza of ander oewer by vaaldam wees vanaf 20 – 22 Mei 2011.  Daar sal van Vrydag 08h00 tot Sondag 12h00 gehengel word. 

Die tweede liga sal 16 – 19 Junie 2011 wees en daar sal van 09h00 die Donderdag tot 10h00 die Sondag gehengel word.   

Lede moet voor 6 Mei 2011 hulle deelname bevestig sodat die koste vir die ligas bepaal kan word.  

Daar word ook besluit dat almal van 15h00 tot 17h00 op die Saterdag bymekaar sal kom vir ‘n bring en braai.  Die vure sal dan reeds reg wees vir braai. 
Marius Rusch

Almal













PROEWE
Die proewes sal by Bloemhof dam gehou word.  Die voorlopig datums is 15 - 18 September 2011 en 27 – 30 Oktober 2011.  Hengel van 09h00 tot 07h00.  Hekke sal eers 14h00 oopgesluit word voordat hengellaars die oewer mag verlaat. 
Almal


SKEIDSREGTER
Die eerste twee ligas by Vaaldam sal daar net 2 beamptes wees om koste laag te hou.  Die beamptes wat optree sal weeg en beampte pligte uitvoer.  Dit sal dus nie ‘n “vakansie” wees vir die beampte nie. 

Die skale en weegsakke en weegpenne moet aan Lenie Oorhandig word. 

Die liga gelde sal die Hekgelde, ligagelde en beampte gelde insluit.
Lenie Rusch



Almal

Almal


HENGELLAARS
Die addisionele lid is die kontak persoon tussen die hengellaars en die dagbestuur.  Martin noem egter dat hy nie meer op die komitee kan dien weens persoonlike redes.  Hy sal ‘n bedankings brief aan die komitee verskaf. 

Daar word vir voorstelle gevra wie die nuwe addisionele lid moet wees en Emil van Beljon word voorgestel en aanvaar. 
Martin Stander



Almal



ALGEMENE PUNTE
NABETRAGTING SA’S
Daar moet gekyk word na die voer plan naamlik ‘n plan wat groot vis na 30 uur bring en vinnig vis in die net bring van 0 tot 30 uur. 

Martin noem dat hy dink dat die penne nie die diepte meeting korrek gedoen het nie.

Penne vertrou mekaar nie 100% nie en ook nie die bestuur.

Die A span het elke oggend saam met die bestuur op elke pen geopen met gebed en die terugvoer daaroor was baie positief. 

Robert deel ‘n vorm uit wat deur die hengellaars voltooi moet word.  Hy sal dit aan almal e-mail.  Die vorms sal gebruik word om ‘n databasis op te bou en ander hengellaars in die provinsie ook op toekomstige SA’s te help. 
Almal










Robert Kotze



AANDENKING
Robert noem dat daar ‘n aandenking vir Oom Emil gemaak moet word met die twee span foto’s, om dankie te sê dat hy vir die B span geloop het en ook die etes geborg het. 
AFSKEIDSFUNKSIE
Daar word ‘n afskeidsfunksie gereël vir die twee spanne.  Robert sal die span aandenkings borg.  Die koste sal deurgegee word sodra dit bekend is.  Die funksie word beplan vir 13 Mei 2011.  Voorlopig is die koste is R200.00 per gesin. Almal moet teen 3 Mei laat weet wie kom asb. 
Die volgende vergadering is 18 Mei 2011. 



ROBERT KOTZE                                                                                                  MARIUS RUSCH
SEKRETARIS                                                                                                        SAMEROEPER

No comments:

Post a Comment